|
|
 |
|
Ons is Oos-Kaapse veeboere en boer met beeste en skape op 'n klein plasie naby Bathurst, Port Alfred. Ons kweek ook 'n klein verskeidenheid blom- en groentesaailing op spesiale bestellings volgens die klieënte se vereistes. As boere is ons geheel en al afhanklik van God se genade en Sy natuur en dus probeer ons om ons boerderypraktyke so natuurlik as moontlik te hou.
Ons wend ons 25 jaar se ervaring in die mynbedryf aan en lewer ook 'n diens om klein ondernemings by te staan met die verkryging van finansiering vir die begin of uitbreiding van sulke ondernemings. Die dienste behels die opstel van besigheidsplanne, besigheidsmodelle, "wat as" analises, geprojekteerde kontantvloeistate, bates/laste opgawes en voltooiing van die leningsaansoeke.
Vir meer inligting, kwotasies en vrae rakende ons produkte en dienste, voltooi en stuur asseblief ons kontakvorm terug.
 |
|